Leeus koop jong Aussie
2011-8-10
Eddie Bredenhann in Sydney-kleureDie Australiese Onder 20- en Skoleskrumskakel Eddie Bredenhann – ‘n eks-Suid-Afrikaner - sluit hom binnekort by die Leeus aan om diepte te verskaf nadat Jano Vermaak sy heil by die Blou Bulle gaan soek het.
Dit is ironies dat Bredenhann, wat die Jong Wallabies vanjaar by die Junior Wêreldbeker verteenwoordig het, van die Waratahs af skuif nadat dié franchise die Vrystater Sarel Pretorius gekoop het.
Bredenhann het die Australiese skolespan ook verteenwoordig en is tans ‘n student aan die Universiteit in Sydney.
Die Baby Wallaby is ook ‘n bedrewe stelskopper wat saam met die oud-Springbok Willie du Plessis se seun, Willie jnr, vir Sydney speel.
Voordat die Aussies hom opgeraap het was hy ook beskikbaar om vir Suid-Afrika te speel.