mark_s said:Fatprop, prior to this year, when was the last time you saw an SA prop get pushed back over his second rower?
Cant find itSpook said:That would be good if you could !
Basically they say John get critized for the wrong reason and in stead of giving the Aussies scrum and Robinson credit.Aussies kry nie krediet vir skrums’
2009-09-09 00:27
BLOEMFONTEIN - Die Springbok-kaptein John Smit is goed genoeg om op vaskopstut te sak – en die Wallabies se kragmanne verdien meer krediet as wat hulle kry.
Só meen die voormalige Bok-stutte Os du Randt en CJ van der Linde.
Smit se skrumwerk loop tans onder kritiek deur nadat die Aussie-stut Benn Robinson (loskop) hom in die Bok-nederlaag in die Drienasies-reeks laat knor het.
Die Nieu-Seelanders het ook aangedui dat hulle die Bokke Saterdag in Hamilton in dié afdeling gaan teiken.
Volgens Du Randt is die Aussies se Robinson beter as wat mense dink.
“Hy is in hierdie stadium seker jou sterkste skrummende loskop.”
Van der Linde meen ook die Aussies word onderskat.
“Daar bestaan ’n wanpersepsie oor die Australiërs se skrumwerk.
“Hulle het oor die laaste vier tot vyf jaar baie verbeter. Daar moet meer krediet aan hulle gaan as die kritiek wat John ontvang.”
Albei meen ook Smit kan die mas opkom, maar het tyd nodig.
“Dit gaan tyd neem voordat die wêreld John as ’n vaskop van wêreldgehalte beskou. Hy het egter reeds teen die Britse en Ierse Leeus bewys hy is ’n sterk skrumwerker,” sê Van der Linde.
Du Randt sê Smit kan net sóveel in een jaar vermag.
“Ek dink hy is goed genoeg. Elke keer wat hy swaar kry, is dit wanneer hy moeg was en dan nie met sy knieë crouch nie. Hy is dan te hoog en kom nie onder die ou in nie. Elke keer wat hy ’n bietjie rus, crouch hy laer, is sy liggaamspostuur reg en skrum hy beter.
“Hier en daar gaan hy ’n ou kry wat hom druk, maar dis maar hoe die voorrye werk.”
Van der Linde glo Smit behoort genoeg skietgoed vir die Kiwi’s te hê.
“John het in die twee tuis-toetse teen die All Blacks gewys wat hy kan doen.
“Toe was Tony Woodcock nie juis ’n faktor nie. Sy tegniek lyk reg en hy behoort sy man te staan.”
fatprop said:mark_s said:Fatprop, prior to this year, when was the last time you saw an SA prop get pushed back over his second rower?
Last RWC they were on roller skates against England
In the S14, they stand up under pressure. Just watch some of the Tahs games
They are all generally big guys who don't get low, it is the easiest way for them to alleviate pressure, and if they come up as a unit, like a collapse, it is usually reset.
PaarlBok said:What a turn around and comeback from both Snor and John Smit. All this talk up from last week turned into solid gold. :yay