PaarlBok
Rod McCall (65)
Find this very interesting article in Beeld on Morne Steyn, more a in lok on the kid.
OK photo first him as a U13 Craven Week kid playing for the Tin Ears
and the article, sorry its Boer but think Blue will enjoy it
Basically when the old Bok flyhalf De Wet Ras saw this one he predict big things for the youngster way back, passing from the wrong foot.
Morne and Ruaan Pienaar were class mates from age 7 and played for the Tin Ears U13 Craven Week , Ruaan in 10 & Morne in 12.
Their paths go their own way when Morne went to High School and one of not many Tin Ears getting U18 Craven Week Colours as a Grey Bloem scholar.
OK photo first him as a U13 Craven Week kid playing for the Tin Ears
and the article, sorry its Boer but think Blue will enjoy it
Die foto wat Joggie Jansen destyds laat sê het die jong Morné Steyn gaan nog groot rugby speel omdat nie enige speler die bal só met die verkeerde voet voor kan uitgee nie.
Dis begin 1991. Dis hul eerste skooldag in gr. 1 en die boesemvriende Morné Steyn en Ruan Pienaar sit langs mekaar in dieselfde skoolbank.
“Gaan julle maar huis toe. Ons is reg,” beveel hulle kordaat hul pa’s, Johan (Steyntjie) Steyn en Gysie Pienaar.
Inderdaad so reg dat dié twee “groot pêlle” nou, 18 jaar later, albei as losskakel in die Springbok-rugbyspan vir die reeks teen die Britse Leeus aangewys is.
In ’n gesprek met Morné se pa en sy ma, Marita, in hul huis in Fichardtpark, Bloemfontein, is dit duidelik die “Ruan”-konneksie is net een van die baie rugbydrade in die pad wat tot Morné, skepskopkoning, se eindelike insluiting in die Bok-span gelei het.
Gysie, Ruan se pa, is ’n voormalige Springbok-heelagter. (Hy het in 1980 ’n beroemde drie teen die einste Britse Leeus in die tweede toets in Bloemfontein gedruk). Steyntjie het vir Boland se Cravenweek-span (kaptein en stut), WP o.20, SAW o.20 en Noord-Vrystaat rugby gespeel.
In gr. 7 speel Ruan en Morné toe saam in die Vrystaatse o.13-Cravenweek-rugbyspan – Ruan as losskakel en Morné as senter. In daardie tyd kuier Joggie Jansen, voormalige Springbok-rugbysenter, tydens ’n afrigtingsweek in Bloemfontein by die Steyns.
“Wie’s die outjie op dié rugbyfoto?” vra hy.
Toe hy hoor dis die jong Morné, sê Jansen: “Hy gaan nog groot rugby speel. Nie enige speler kan die bal só met die verkeerde voet voor uitgee nie.”
Dit sou profetiese woorde blyk te wees.
Hy’t nie geluister
Ná gr. 7 is Ruan na Grey Kollege en Morné na die Hoërskool Sand du Plessis, waar hy in matriek in 2002 ook hoofseun was. Vanjaar het hy die skool se derde Springbok geword ná Dawie Theron en Franco Smith, en een van die min Vrystaatse skolerugbyspelers wie se pad boontoe nié deur Grey loop nie.
’n Minder bekende rugbyverbintenis is dat Dennis van Zyl, Morné se amper-skoonpa, lank vir die Vrystaat en Griekwas slot gespeel het.
Morné is verloof aan Dennis se dogter, Christelle, met wie hy al uitgaan sedert hulle saam in Sand du Plessis was. Hulle trou op 20 Oktober vanjaar in Sun City.
“Dis so beplan dat dit op ’n Dinsdag is, sodat hy op die Saterdag vóóraf en daarna kan rugby speel as dit moet,” verduidelik ma Marita.
Morné se twee ouer broers, Tinus (30) en Renier (27), het ’n groot bydrae tot sy rugbyloopbaan gelewer. Soos Morné het albei ook Vrystaatse Cravenweek-rugby gespeel – Tinus as losskakel en senter en Renier as haker.
“Vir Tinus was dit ’n groot geskenk toe Morné Maandag op sy 30ste verjaardag ’n Springbok geword het,” sê Marita.
Morné het van gr. 10 af vir sy skool se eerste span gespeel. “Dit was tóé al duidelik hy is ’n besondere speler. Hy wou nie heelagter speel nie, maar eerder in die agterlyn. Toe skuif ons hom na losskakel. Dit het gewerk,” onthou mnr. Skillie Bester, een van sy destydse afrigters.
Hy onthou ook dat Morné nie toe die skopper was nie, “nie eens pale toe nie”, omdat hy nie goed genoeg was nie.
“Ek en Frans (wyle mnr. Frans van Vuuren, ook ’n afrigter) het aan hom gesê hy hét dit, maar hy sal moet leer skop as hy bo wil uitkom. Gelukkig was hy rugbymal.
“Jy kon hom nie van die veld kry nie. Hy wou net aanhou en aanhou doen wat hy nie reg doen nie totdat hy dit kón doen.”
Bester is veral in sy skik dat Morné destyds nié na hom geluister het oor die Blou Bulle nie. “Ná sy matriekeksamen wou hy by my weet of hy ’n kontrak-aanbod van die Blou Bulle moet aanvaar. Ek was toe ook afrigter van die Universiteit van die Vrystaat se o.20-span en het gesê ek dink nie hy moet dit doen nie. Ek sou hoor wat die UV sê.
“Gelukkig het hy nie geluister nie. ’n Week later het sy pa gebel en gesê Morné gaan Bulle toe, ek moenie meer moeite doen nie.”
Bester meen Tukkies se hoëprestasie-sportinstituut het baie gehelp om Steyn, “wat al klaar goed was”, te slyp.
Pa Steyntjie onthou watter tweestryd dit destyds was toe Morné in 2002 die Bulle-aanbod kry, veral omdat Christelle in Bloemfontein agtergebly het.
“Maar hy’s hier weg en het onmiddellik vir die Blou Bulle Vodacombeker-rugby en later Curriebeker- en Super 14-rugby gespeel. Hy was nog heeltyd so gelukkig in die Blou Bulle-familie as kan kom. Hy sal nie weggaan nie.
“Elke Vrydag hou hulle saam selgroep. As hy so een keer per jaar in Bloemfontein kuier, ry hulle al Sondag ná middagete sodat hy die aand saam met die groep kan kerk toe gaan.”
Hy meen ook sy seun het baie geleer uit sy “gesonde mededinging” met Derick Hougaard en uit die teleurstelling dat hy lank nie die Springbok-span gehaal het nie.
Koel en kalm
Die naam van Vlok Cilliers, nog ’n voormalige Springbok, duik ook in die Morné-gesprek op.
Cilliers, deesdae die Blou Bulle se skop-afrigter, was een van Steyn se-nior se mede-afrigters by die Polisie-rugbyklub in Bloemfontein.
“Morné kon skop, maar was nooit die eerste keuse as skopper nie totdat Vlok hom onder hande geneem het. Eers was dit skoppe na die pale, toe kantlyn toe en nou het skepskoppe bygekom. Nou het Morné selfvertroue en wéét hy kan dit doen,” vertel pa Steyntjie.
Is Morné werklik so koel en kalm as wat hy lyk?
“Ja, laas Saterdag voor die (Super14-)eindstryd het ons saam gekuier by sy huis totdat hy om 14:00 Loftus toe is. Dit het nie gelyk of hy gaan rugby speel nie.
“Toe vra ek hom of die senuwees hom nie pla nie, soos myne altyd voor ’n wedstryd gedoen het. ‘Ag pa, wat moet gebeur, sal gebeur,’ was sy antwoord.
“En Stellie (Christelle) sê toe: ‘Oom, hy’s altyd so.’ ”
Hoe beleef die Steyns hul seun se Springbok-skap?
“Onbeskryflik. Soos wat Abe Smith (Franco se pa) gesê het toe hy my bel en sê: ‘Nou weet jy ook hoe dit voel’.”
“Ja,” sê ma Marita, “om te dink ek het eens gesê ek skree eerder vir Kaiser Chiefs as vir die Blou Bulle. Nou’s my bloed blouer as blou.”
Het Morné enige kosgeheime? “Sy ma se kookkos en Stellie se ouma se varktjops en kapokaartappels,” lag Marita.
En vir Bester is die “groot Morné-les” dat ’n “gewone outjie uit ’n gewone gesin en skool” danksy harde werk en deursettingsvermoë bo kon uitkom
Basically when the old Bok flyhalf De Wet Ras saw this one he predict big things for the youngster way back, passing from the wrong foot.
Morne and Ruaan Pienaar were class mates from age 7 and played for the Tin Ears U13 Craven Week , Ruaan in 10 & Morne in 12.
Their paths go their own way when Morne went to High School and one of not many Tin Ears getting U18 Craven Week Colours as a Grey Bloem scholar.