PaarlBok
Rod McCall (65)
News breaking in the afrikaans newspaper and wont be long before it will get all over the press.
Die Burger
Will post the english version as soon as it is publisize. In the article also a mention about George 7s tournament with R1 Million price money Quade Cooper and SBW will play in the NBM All Stars team.
Die Burger
Sonny Bill wil in Kaapstad nesskop
2012-03-28 23:15
SONNY BILL WILLIAMS vier hier sy oorwinning in die Battle for the Belt-boksgeveg tussen hom en Clarence Tillman III in die Claudelands-sentrum in Februarie vanjaar in Hamilton, Nieu-Seeland. Foto: GETTY IMAGES
J.J. Harmse
PRETORIA. – Wêreldrugby se beroemdste speler, Sonny Bill Williams, is gereed om met die Stormers te gesels oor ’n moontlike kontrak om Kaapstad sy volgende tuiste te maak.
Die 26-jarige All Black wil ook die geweldige ondersteuning beloon wat hy in die Moederstad geniet en beplan om in November dáár in die bokskryt te klim.
Williams se agent, mnr. Khoder Nasser, is tans in Kaapstad om verskeie geleenthede vir sy kliënt te ondersoek en het gesê ’n kontrak met die Stormers is nie uitgesluit nie.
“Dit is egter nie vir my om te sê die Stormers moet hom kontrakteer nie, daardie keuse lê by hulle en by hulle alleen. Wat ek wel kan sê, is dat Sonny Bill geweldig baie van Kaapstad hou en beslis na so iets sal kyk.”
Gerugte wil dit hê dat die Wes-Kaapse regering ook bereid is om ’n bydrae tot Williams se moontlike kontrak te maak, maar Nasser wou nie daarop reageer nie. Hy ontmoet wel vandag vir dr. Ivan Meyer, Wes-Kaapse minister van Sport.
Williams speel tans vir die Chiefs en het ’n kontrak met die Nieu-Seelandse Rugbyunie wat einde vanjaar verstryk. Hy word tans reuse-bedrae geld uit veral Japan aangebied om volgende seisoen sy rugby daar te speel, maar Nasser sê Williams beskou Kaapstad as sy tweede tuiste.
“As hy al die uitnodigings vir etes moet opneem wat hy verlede jaar hier gekry het, sal hy vir twee jaar drie etes per dag in drie verskillende huishoudings hê. Sonny Bill voel dat die Kapenaars ’n waardering vir sy talente het, daarom geniet hy Kaapstad so,” het Nasser gesê.
Williams se boksgeveg in November en sy deelname aan ’n internasionale sewestoernooi in George in Desember, is gister deur Nasser, die bokspromotor mnr. Tinus Strydom en die rugbypromotor mnr. Willem Strauss bekragtig.
“Ons gaan voortaan Sonny Bill se boksbelange hanteer. Dit is ’n geweldige geleentheid vir boks in Suid-Afrika, aangesien hy ook ’n aanbod van die Amerikaner, Don King, oorweeg het. Ek dink ons kan sy loopbaan op die regte manier vorentoe neem,” het Strydom gesê.
Planne om Williams teen die gewese wêreldkampioen, Francois Botha, te laat veg, is steeds op koers, maar dit sal nie in November reeds plaasvind nie.
Nasser het aangedui dat nie net Williams nie, maar ook sy ander kliënt, die Wallaby Quade Cooper, aan die sewestoernooi behoort deel te neem.
Die toernooi word op 14 en 15 Desember op Outeniquapark gespeel met die vyf Super-streekspanne en 11 ander wat deur maatskappye gekoop word, wat deelneem. ’n Prysgeld ter waarde van R1miljoen wag op die wenspan en verskeie wêreldsterre het aangedui hulle wil deelneem.
“Dit is fantastiese nuus vir die toernooi,” het Strauss gesê.
“Ons het pas met spelers en hul werknemers oor deelname aan die toernooi begin onderhandel en die NBM-groep gaan Williams en Cooper in hul span, die NBM All Stars, kies. Williams en Cooper het nog nooit saamgespeel nie en dit behoort ’n besondere vertoning te wees. Williams is tans die mees gesogte speler in die spel.”
Will post the english version as soon as it is publisize. In the article also a mention about George 7s tournament with R1 Million price money Quade Cooper and SBW will play in the NBM All Stars team.